Even bellen? -> 026-3030161

Contact

ma t/m vrij 08:45 - 17:00 uur

Rondreis Zuid-Afrika: spoedcursus Afrikaans

Veerle 27 december 2022 Zuid-Afrika Reistips, Meet the locals

Ga of wil je binnenkort op reis naar Zuid-Afrika? Probeer dan eens deze brief te vertalen. Local Hero Tanja verteld je alvast wat je kan gaan zien en doen, in het Afrikaans. Ontcijfer jij wat zij vertelt? Dan ben je wat ons betreft klaar voor je reis! 

"Liewe reisiger,

Ek is Tanja, ek woon in Suid Afrika naby die Kruger Nasionale Park of soos ons dit noem die Kruger Wildtuin. 

Was julle al in Suid Afrika? Dit is so ‘n mooi en spesiale land met so baie dinge om te sien en te doen! Kom ek vertel vir julle bietjie meer van wat jul kan verwag op die vakansie.

Eerstens gaan julle in Johanneburg arriveer, waar iemand vir julle sal wag en julle baie welkom laat voel in ons land. Jul gaan jul voertuie optel en die eerste aand gaan julle naby die lughawe oorslaap.

Die volgende oggend na ‘n lekker ontbyt begin die vakansie eintlik, want dan gaan julle die pad vat na Mpumalanga Provinsie (waar ek ook bly). Ek sal my bes probeer om ‘n plan te maak om julle dalk te ontmoet hierdie dag of die volgende dag voor julle verder gaan. Julle sal in ‘n lekker lodge oorbly in Hazyview.

Op die vakansie gaan julle ook twee nagte bly in ‘n ‘game lodge’ wat buite Hoedspruit is, julle sal twee keer ‘n dag op ‘n ‘game drive’ gaan op soek na die Big 5 maar ook al die ander mooi en interessante diere. Voorwaar iets om na uit te sien!

Ook is geen besoek aan Suid Afrika perfek sonder om ‘n aandjie in die Kruger Wildtuin (Kruger Nasionale Park) deur te bring nie. Julle gaan een hele dag met julle eie motors ‘n ‘self drive’ safari doen deur die wildtuin. Aan die einde van die dag sal julle in die ruskamp aankom waar ek voorstel dat julle ‘n lekker vuurtjie sal maak en soos die Afrikaanse mense so baie van hou, ‘n braai (barbeque) hou.

Natuurlik gaan julle ook dan twee nagte in Swaziland deurbring. Terwyl julle in Hlane Wildtuin bly is die kans groot dat julle renosters (Neushoorns) sal sien. Soos jul seker weet, kry Renosters baie swaar onder ‘poaching’, so om enigsins Renosters te sien is voorwaar baie spesiaal!

Die laaste twee aande van die vakansie sal julle die mooi Drakensberge van Kwa Zulu Natal besoek. Die ‘scenery’ is baie mooi en daar is so baie om te sien en te doen in die omgewing, soos perdry, stap ens.

Ek hoop regtig julle sien uit na die vakansie, en ek sien uit om julle almal te ontmoet hier in my land Suid Afrika.

Groete
Tanja"

Zuid-Afrika, jouw volgende vakantieland?

Wil jij het land van local Hero Tanja bewonderen en ben je benieuwd wat je allemaal kunt zien en doen tijdens je rondreis door Zuid-Afrika? Bekijk dan onze voorbeeldreizen Zuid-Afrika.

Meet the locals Zuid-Afrika

Wil je jouw reis door Zuid-Afrika écht een Afrikaans tintje geven? Bijvoorbeeld door je hobby te delen met een local? Of door het Zuid-Afrikaanse carnaval bij te wonen? Lees dan nu onze insider tips en ontmoet de Zuid-Afrikaan, want: een bijzondere ontmoeting, is je beste reisherinnering. 

Terug naar overzicht